Die Tier bedreig geboortesyfer in Taiwan
2010-02-17 16:40
Taipei - Die Jaar van die Tier voorspel glo moeilikheid vir Taiwan se geboortesyfer wat reeds laag is.
Talle ouers in Taiwan is egter te bang om vanjaar onder een van die mees wreedaardige tekens van die Chinese sodiak swanger te word.
Waar sommige astroloë die mense wat se sterreteken die tier is, aanraai om nie vanjaar die strooijonker of ‘n strooimeisie by ‘n troue te wees nie, word daar beweer dat 2010 se geboortesyfers in gedrang is, het die China Times berig.
Statistieke toon dat daar slegs 271 450 babas in die vorige Jaar van die Tier, wat in 1998 was, gebore is uit vrees vir teëspoed.
Dié getal het ‘n afname in geboortes van tot 54 550 van die vorige Jaar van die Tier getoon.
In teenstelling daarmee het getalle weer in 2000 tot 305 312 gegroei, wat die Jaar van die Draak was. Dié teken beteken weer voorspoed.
Taiwan het reeds een van die laagste geboortesyfers ter wêreld.
Die eiland se geboortesyfer per 1000 mense per jaar, het verlede jaar op 8.29 gestaan, het die ministerie van binnelandse sake luidens ‘n verslag bekendgestel.
Daar was verlede jaar slegs 191 310 getal babas gebore, wat ‘n afname van 3.47% getoon het.
-Sapa-AFP