Die internet sterf in Egipte
2011-01-28 11:03
San Francisco – Sowat ‘n halfuur ná middernag Vrydagoggend is die internet-konneksie in Egipte verbreek.
Die handjievol maatskappye wat Internet in Egipte voorsien is amper gelyktydig in die donker gelaat.
Betogers het gereedgemaak vir nuwe betogings, in ‘n beroep om president Hosni Mubarak se byna 30 jaar van leierskap te beëindig, het kenners gesê.
Egipte het klaarblyklik gedoen wat baie tegnoloë as ondenkbaar vir ‘n land met ‘n Internet-ekonomie beskou het – hulle het hulself geheel en al van die Internet losgemaak om meningsverskille te probeer stil hou.
Volgens kenners is dit onwaarskynlik dat dít wat in Egipte gebeur het in die VSA kan gebeur, aangesien dié land verskeie Internet-voorsieners en maniere het om met die Internet te konnekteer.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP