‘Darwin sou pleit dat verwoesting stop’

2009-11-16 08:18
Tweets Share Share line Print

Elsabe Brits

Alexandrië (Egipte) – As Charles Darwin vandag hier was, sou hy by die mensdom gepleit het om op te hou om die biodiversiteit en rykheid van die natuurlewe te verwoes.

Dit was die boodskap van dr. Randal Keynes, Darwin se agter-agter-kleinseun, gister op die internasionale Darwin’s Living Legacy-konferensie wat hier deur die Britse hoëkommissariaat aangebied word.

Kenners oor evolusie en Darwin se rol in die gemeenskap in die breë neem aan die konferensie by die Bibliotheca Alexandrina deel.

Keynes het gesê sedert Darwin 150 jaar gelede The Origin of Species gepubliseer het, het ons die wêreld verarm en die hele planeet in gevaar gestel, op so ’n groot skaal dat ons die biodiversiteit van lewe in gevaar stel.

Darwin sou vandag gesê het stop die feesvieringe en begin om mense in te lig oor hierdie skat wat ons besig is om te verloor, soos beskryf in sy boeke.

In ’n sessie oor hoe die mens ontwikkel het en waarheen ons op pad is, het prof. Eugenia Cunha van die Coimbria-universiteit gesê Darwin kon sê die mens is afkomstig van Afrika sonder dat hy toegang gehad het tot hominied-fossiele of genetika.

“Dit is byna wonderbaarlik.”

Evolusie het nie plaasgevind danksy die mens nie, ons eie evolusie is baie onlangs.

Dit was daar nog lank voordat mense of ons voorsate hier was.

Prof. Francis Thackeray van die Universiteit van die Witwatersrand het verwys na die groot paleo-antropologiese vonds waaroor Beeld onlangs berig het maar waarvan die detail nog nie bekend gemaak kan word nie omdat die nog nie deur portuur-evaluasieproses is nie.

Volgens Thackeray sal besonderhede oor die vonds oor sowat twee maande bekend gemaak word.

Dit sal in die vakjoernaal Science verskyn en sal lei tot die totstandkoming van ‘n nuwe filogentiese stamboom.

Dit beteken dat handboeke oor menslike evolusie en hominied-voorsate verander sal moet word.

- Die Beeld

Lees meer oor: wetenskaplikes

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... Dit is mos hoe 'n eerste wereld land operate om te help teen besoedeling van hulle land. Mense dink mos plastieksakke moet in bome en drade langs die pad rondhang. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

J2EE Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

JAVA Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Web Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
R200000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Club Utility MY08 PU
2009
R 104,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2008
R 74,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2008
R 179,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.