Dapper woef kry Facebook-blad
2010-02-16 05:24
Warsaw, Pole - Die aangrypende storie van Baltic, die Poolse hondjie wat van 'n ysplaat op die see gered is, het harte wêreldwyd geraak.
Die woefie word bombardeer met e-posse en gaan binnekort 'n Facebook-blad hê.
'n Gesin het ook meer as 500 km gery met die valse hoop dat hy hul hondjie is.
Ewa Baradziej-Krzyzankowska, die hond se "woordvoerder", het Maandag gesê e-posse kom van sover as Australië en Kanada wat die bemanningslede van die skip, wat Baltic gered het, geprys.
– Sapa-AP