Dalk einde van Kby se flaminke

2011-11-17 09:47
Tweets Share Share line Print

Kimberley – Die Diamantstad staan gevaar om een van sy grootste natuurlike bates, die kleinfaminkkolonie in Kamfersdam, te verloor.

Só het die bekroonde voëlkundige en voorsitter van Birdlife South Africa, Mark Anderson, Dinsdag gewaarsku.

Die gehalte van die water wat in Kamfersdam vloei, is kommerwekkend en hou uiters nadelige gevolge in vir mense en dierelewe, sê Anderson.

Ten spyte van ’n projek van R80 miljoen waarin die Homevale-rioolaanleg opgeknap word, werk die aanleg slegs op ’n derde van sy kapasiteit.

“Voordat die dam oorspoel het, was hier tot 80 000 kleinflaminke. Nou is daar seker net 500. Daar is geen kans dat hulle kan broei nie.

“Dis te wyte aan die hoë watervlak, die swak watergehalte en teenwoordigheid van alge. Kimberley staan gevaar om een van sy grootste bates te verloor.”

Die Red die Flamink-organisasie, wetenskaplikes en amptenare van die Sol Plaatje-munisipaliteit het die aanleg verlede week besoek en toetse gedoen. “Dit toerusting werk nie behoorlik nie. Dit was duidelik uit lugfoto’s wat die laaste maande geneem is,” sê Anderson. “Die aanleg verwerk 35 megaliter rioolwater per dag, maar die gehalte van die gesuiwerde water is uiters swak.

“Elektriese probleme het veroorsaak dat gruis deur die siwwe geglip het. Die drie hoofversakkingtenks is buite aksie weens die gruis wat keer dat die harke roteer. Twee tenks is leeg en die derde vol afsaksel. Normaalweg moet 80% van die slik tydens dié proses onttrek word. Net twee van die drie slikreaktors werk. Vyf van die 12 belugtingseenhede was onklaar. Die slik moet van hier na ’n houertenk gepomp word. Daar was ’n dik laag slik met plantegroei in dié tenk.

“Die slikdroogbeddens is oorspoel deur water. Drie sekondêre uitsakkingstenks was onklaar en die vierde vol droë slik. Net ’n derde van die afvalwater het deur die laaste skoonmaakdam gevloei. Die aanleg funksioneer op 33% van sy kapasiteit.

“Jan Roos, ’n mikrobioloog van Bloemfontein, se toetse bewys die gehalte is baie swak, met ongewone hoë vlakke van ammoniak en fosfaatkonsentrasies en bakterieë. Die afvalwater en vaste stowwe daarin is van onaanvaarbare gehalte,” sê Anderson.

Die Sol Plaatje-munisipaliteit kon nie vir kommentaar bereik word nie.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: voëls  |  diere  |  flaminke  |  waterbesoedeling

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Sunning.Linguist sê... Dit is mos hoe 'n eerste wereld land operate om te help teen besoedeling van hulle land. Mense dink mos plastieksakke moet in bome en drade langs die pad rondhang. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. Afternoon clouds. Cool. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

SharePoint Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Project Manager

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

PHP Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
R300000 - R350000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

OPEL

Corsa 1.4 Club Utility MY08 PU
2009
R 104,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2008
R 74,995.00

MITSUBISHI

Triton 2.4 MPi D-Cab PU MY08
2008
R 179,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.