Dali-meesterstuk vir miljoene verkoop
2011-02-11 10:02
Londen - 'n Skildery van Salvador Dali, Portrait de Paul Eluard, is by Sotheby's in Londen vir 'n rekordbedrag van £13 miljoen (sowat R130 miljoen) verkoop, het RSG Vrydag berig.
'n Onbekende versamelaar het £13,4 miljoen (R157 miljoen) vir 'n 1929-meesterstuk betaal, wat die meeste nog is vir 'n Surrealistiese werk.
Die skildery is van die Franse digter, Paul Eluard, wat een van die hooffigure was van die beweging, en weerspieël baie van die sleutelkenmerke van die Spaanse kunstenaar se styl.
Dali het Eluard ontmoet toe hy in 1929 in Parys gewoon het. Dali se skildery was egter nie die duurste een by die veiling nie.
Nog 'n anonieme bieër het sowat R230 miljoen betaal vir Francis Bacon se Three Studies for the Portrait of Lucian Freud.
- RSG