DStv 'oop kyktyd naweek' bevestig
2010-01-22 15:36
Kaapstad - MultiChoice het bevestig dat DStv Compact-intekenare hierdie naweek gratis toegang tot alle DStv-kanale sal hê.
Dit beteken hulle sal uit 87 in plaas van die gewone 39 Compact-kanale kan kies.
Dié "oop kyktyd naweek" is deel van ‘n poging om Compact-intekenare aan te moedig om na die Premium-opsie te skuif. Compact-kykers betaal maandeliks R219 en kry onder andere M-Net Series, BBC Lifestyle, SuperSport 3 en SuperSport 4 as deel van hul 39 kanale.
Vir die volledige storie, besoek MyBroadband