Chinese man bou self 'iPad'
2011-07-13 16:16
Beijing – ‘n Chinese man het met ‘n oplossing vorendag gekom vir platsak Apple-aanhangers wat graag ‘n iPad in die hande wil kry – bou dit self.
In ‘n 20 minute lange video wat hy op die webblad Youku, die Chinese ekwivalent van YouTube, gelaai het, demonstreer Liu Xinying hoe om self die Apple-tabletrekenaar na te maak deur ‘n raakskerm en rekenaaronderdele aanmekaar te sit.
Teen die einde van die video demonstreer die slimkop hoe sy tuisgemaakte "iPad", wat egter Windows in plaas van Apple se iOS as ‘n bedryfstelsel gebruik, ten volle kan funksioneer.
“Dit het my R2 100 gekos om te maak, so ek skat dit is hoeveel dit werd is,” het die 21-jarige Liu gesê.
– Kyk hier na die video van Liu wat sy ‘iPad’ vervaardig.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP