China ontken kraking van VSA satelliete
2011-10-31 15:29
New York – Amptenare in Beijing het bewerings van 'n Amerikaanse kommissie ontken dat Chinese kuberkrakers toegang tot Amerikaanse satelliete gehad het.
Ten minste twee Amerikaanse satelliete, wat omgewingstoestande monitor, is in 2007 en 2008 ten minste vier keer gekraak via ‘n grondstasie in Noorweë.
China is egter die hoofverdagte, lui ‘n verslag van die Amerikaanse ekonomiese en sekerheids-hersieningskommissie.
“Die tegnieke wat gebruik is, is soortgelyk aan dié wat die Chinese weermag beskryf,” lui die verslag.
Die Chinese weermag het glo in die verlede die afskakeling van satelliete tydens tye van konflik as 'n moderne wapen voorgestel.
“Die komitee het China nog altyd deur gekleurde lense geoordeel,” het ‘n woordvoerder van China se ministerie van buitelandse sake gesê. “Die verslag is ongegrond en dit is nie kommentaar werd nie.”
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.