China mik vir die maan
2009-09-14 10:03
Beijing- China het Maandag nog ‘n deurbraak gemaak toe hulle die land se vierde ruimtestasie geopen het, slegs ses jaar nadat die eerste Chinees in die ruimte ingestuur is.
Die stasie, geleë op die suidelike eiland van die Hainan-provinsie, het ‘n lanseerterrein, beheersentrum asook fasiliteite vir die ontwikkeling van wetenskaplike eksperimente. Die stasie sal ook voortou neem in die lansering van kommunikasiesatelliete, toekomstige ruimtestasies en ander aspekte van nuwe ruimte-ontdekkings.
Volgens verskeie verslae is dié stasie ‘n reusestap vorentoe vir Chinese ruimteprogram wat deur die weermag ondersteun word.
China se ruimte ambisies sluit die ontwikkeling van ‘n wentelstasie in asook ‘n ekspedisie na die maan. Die Hainan-stasie sal amptelik in 2013 in gebruik geneem word.
–Sapa