China-VSA verhouding bedreig
2010-01-15 14:52
Beijing - Die sogenaamde Google-dispuut kan spanning tussen China en die VSA, wat reeds koppe stamp oor die waarde van die yuan-geldeenheid, handel en Amerikaanse wapenverkope aan Taiwan, verder aanvuur.
Google dreig om sy kantore in Beijing te sluit ná kuberaanvalle op buitelandse maatskappye gemaak is, deur van Google se Gmail-diens gebruik te maak.
Dié verwikkelinge kom te midde van buitelandse maatskappye se frustrasie oor China se besigheidsklimaat, selfs al is die pas waarteen dié land se ekonomie groei, veel vinniger as die van die res van die wêreld.
Lees die volledige artikel hier.