China: Tweede navorsingstuig op pad na maan
2010-09-28 19:42
Kaapstad - China is besig met die laaste voorbereidings om sy tweede navorsingstuig na die maan te stuur, waarskynlik so vroeg as Vrydag, het RSG op hul webwerf berig.
Die vuurpyl wat die Chang'e-2 in 'n wentelbaan, sowat 15 km van die maan se oppervlak af gaan plaas, staan gereed in die suidwestelike provinsie van Sichuan.
Die Chang'e-2 navorsingstuig is ter voorbereiding van 'n onbemande maanlandingstuig wat na verwagting in 2013 gelanseer sal word.
- Volg Nuus24 op Twitter.