Chad le Clos ook koning van Google-soektogte
2012-08-08 14:51
Kaapstad – Die Olimpiese swemmer Chad le Clos het bo-aan die lys geëindig van Google-soektogte vir Suid-Afrikaanse Olimpiese atlete.
Volgens Google se Insights for Search is Oscar Pistorius en Cameron van der Burgh onderskeidelik in die tweede en derde plek.
Le Clos was ook eerste op die lys vir die vinnigste groeiende Suid-Afrikaanse soektogte oor sewe dae, met “Michael Phelps”, “Olimpiese medaljes”, “2012 Olimpiese Spele” en “Londen 2012” wat die res van die top-vyf opgemaak het.
Die gouu- en silwermedaljewenner neem ook die top-drie posisies op die top-10 lys van die vinnigste groeiende nuus-soektogte in Suid-Afrika ("chad", "chad le clos" en "le clos").
Die ander sewe posisies is die soektogte is “olimpiese medaljes”, “olimpiese uitslae”. “roei”, “Suid-Afrika olimpiese spele”, “olimpiese spele 2012”, “olimpiese spele”, en “Londen 2012”.
Google Suid-Afrika het ook bekendgemaak dat 24% van gebruikers op hul selfone na inligting gesoek het wat met die Olimpiese Spele verband hou.
– iafrica
Volg Nuus24 op Twitter