Cameron: ‘Los selfone buite’
2010-05-15 05:41
Londen – Brittanje se nuwe premier David Cameron het Donderdag die gebruik van selfone tydens kabinetvergaderings verban in ‘n poging om te verseker dat sy span ten alle tye gefokus bly op die uitdagings wat hulle in die gesig staar, het sy woordvoerder gesê.
Tydens sy eerste vergadering met die kabinet, het Cameron aan sy senior ministers van sy Konserwatiewe Party (Tories) en hul koalisie vennote van die Liberaal-Demokrate (LibDems) gesê die afleiding van selfone word nie verwelkom nie.
Politici maak so heftig staat op tegnologie soos BlackBerry selfone dat owerhede in die parlement hulle nou toegelaat het om dit selfs in die House of Commons te gebruik.
Kenneth Clarke, die nuwe minister van justisie was die eerste een om Cameron se reël te verbreek tydens die inhuldiging van die nuwe ministers.
Met almal wat hom uitgelag het, het die premier hom beveel om sy telefoongesprek kort te knip.
- Sapa-AFP
Volg Nuus24 op Twitter.