‘COP17 is verlowing, huwelik moet kom teen 2015’

2011-11-28 08:11
Tweets Share Share line Print

Durban – Daar word gehoop dat die wêreldgemeenskap die volgende twee weke op COP17 op ’n “verlowing” kan ooreenkom wat teen 2015 op ’n “huwelik” van alle lande kan uitloop wat ’n nuwe, wetlik bindende raamwerk tot stand sal bring om klimaatsverandering sterker teen te werk.

Só ’n nuwe ooreenkoms moet die vrystelling van álle kweekhuisgasse deur álle lande insluit, het Tomasz Chruszczow van Pole, wat tans president van die Europese Unie (EU) is, gister op die vooraand van die Verenigde Nasies se beraad oor klimaatsverandering gesê.

Dié pleidooi vir ’n nuwe interna­sionale klimaatsbedeling is gerig nadat verskeie wetenskaplike studies die laaste weke bekend gemaak is wat allermins ’n rooskleurige prentjie oor die bekamping van aardverhitting skets, het me. Christiana Figueres, sekretaris van die VN se sekretariaat oor klimaatsverandering (UNFCCC), gesê.

Luidens hierdie studies het die vrystelling van kweekhuisgasse ’n rekordvlak bereik, word warm dae al hoe warmer en kom dit meer dikwels voor en word die kloof tussen regering se ondernemings en die werklike neutralisering van kweekhuisgasse al hoe groter.

Die kwessies waarmee COP17 in die volgende twee weke gaan worstel, verteenwoordig volgens Figueres “ ’n revolusie in elke sin van die woord wat elke aspek van die mens se bestaan gaan raak”.

Die kwessies is baie kompleks, maar regeringsafvaardigings kom volgens haar na COP17 met die toewyding om in gesprek te tree en ’n oplossing te probeer vind.

Een van die turksvye is ’n tweede tydperk vir die vermindering van kweekhuisgasse ingevolge die Kioto-protokol ná 2012. Japan, Kanada en Rusland het al aangedui dat hulle nie ’n tweede periode steun nie, terwyl die VSA nog nooit deel van die Kioto-protokol was nie.

Europa, wat vir die vrystelling van 11% van die wêreld se kweekhuisgasse verantwoordelik is, kan volgens Chruszczow nie alleen die verantwoordelikheid dra nie.

Volgens Artur Runge-Metzer, hoofonderhandelaar van die Europese Kommissie, is die Kioto-protokol ’n belangrike internasionale simbool van die stryd teen aardverhitting, hoewel dit slegs teikens vir ontwikkelde lande stel.

“Die toestande wat in 1997 tydens die opstel van die Kioto-protokol gegeld het, geld nie meer vandag nie en ’n nuwe internasionale raamwerk is nodig,” het hy gesê.

Runge-Metzer het gesê die EU hoop dat daar in Durban ooreengekom kan word dat onderhandelings oor ’n nuwe internasionale ooreenkoms nodig is en om op ’n spertyd te besluit.

“Só ’n besluit is nie ’n huwelik nie. Ons gaan ooreenkom om te praat wat die huwelik sal behels,” het hy gesê.

Hoewel die inwerkingstelling van belangrike hulpmiddels vir ontwikkelende lande op COP17 ter sprake sal wees, is dié kwessie die belangrikste om dop te hou, het Figueres gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter.
 

- Beeld

Lees meer oor: cop 17  |  klimaatsverandering

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Erich sê... 'n Halwe eier is darem beter as 'n lee dop. Sal graag wil sien hoe die 2 lande met duisende kilometers tussen hulle, die taak gaan verrig. Gelukkig sal gesteelde staal aan die kant nie die projek in sy geheel ontspoor nie. Hoop nietemin ons trek voordeel bring ons kant. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Tazz 130 5-dr MY00
2005
R 59,950.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 65,900.00

NISSAN

Almera 1.6 Luxury
2002
R 64,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.