Britte spandeer 7 uur per dag aan TV, selfone
2010-08-19 18:24
Londen - Britte spandeer sowat die helfte van die ure wat hulle wakker is aan TV-kyk en om hul selfone of ander kommunikasietoestelle te gebruik, maar betaal minder om dit te doen, het die Britse kommunikasiereguleerder, Ofcom, gesê.
Die gemiddelde persoon spandeer 45% van hul tyd deur media of 'n ander soort kommunikasietoestel te gebruik, toon Ofcom se navorsing.
Die gemiddelde Brit gebruik ook terselfdetyd meer as een toestel en prop agt uur en 48 minute van media in net meer as sewe uur gedurende die dag.
"Vir die eerste keer kan ons sien hoe belangrik media en kommunikasie in ons lewens is," het Peter Phillips, Ofcom-vennoot: strategie en bemarkingsontwikkeling, gesê.
Volgens Ofcom se jaarlikse kommunikasie en bemarkingsverslag oor Brittanje se TV-, radio-, telekommunikasie- en internetbedryf, neem die gebruik van dié toestelle toe, terwyl pryse die pryse al hoe laer word.
Die navorsing toon dat die toenemende gewildheid van slimfone, veral onder mense onder 25, verhoog die gebruik van kommunikasie en stel mense in staat om meer as een ding op 'n slag te doen.
Die aantal slimfoongebruikers het van 7,2 miljoen gebruikers tot 12,8 miljoen in Mei 2010 toegeneem, terwyl die aantal mense wat die internet op hul selfone gebruik van 9 miljoen tot 13,5 miljoen in die laaste jaar toegeneem het.
Ouer verbruikers doen ook meer, met meer as die helfte van diegene wat 55 jaar oud is wat breëbandinternet tuis het.
Verbruikers stuur nou vier keer meer boodskappe per dag as in 2004 en spandeer sowat 'n kwart van hul tyd op sosiale netwerke.
Facebook is die gewildste mobisite, het Ofcom gesê.
Tradisionele media het ook gewild gebly, met die gemiddelde persoon wat drie uur en 45 minute per dag TV kyk. Sowat 'n kwart van die mense het HD-TV's in die laaste jaar gekoop.
"Jonger mense het die grootste veranderinge getoon in hoe ons media gebruik – veral om verskillende media terselfdetyd te gebruik," het Phillips gesê.
"Maar die gaping tussen jonger en ouer mense se gebruik van tegnologie begin kleiner raak omdat meer ouer mense bevind dat dinge soos e-posse baie belangrik is."
Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters