Britse vroue Europa se vetste
2011-11-25 11:13
Londen – Britse vroue en Maltese mans is Europa se vetste, wys 'n studie wat ook die gewilde idee dat alle Franse vroue maer is, verkeerd bewys het.
Die Europese Unie se statistiek lui tussen 8% en 24% van Europese vroue is oorgewig, terwyl tussen 7.6% en 24.7% van mans oorgewig is.
Britse vroue was die meeste geneig om oorgewig te wees, met 23.9%, terwyl mans in Malta die grootste figure gehad het, met 24.7%.
Mense in Roemenië was die minste geneig om oorgewig te wees (8% vir vroue en 7.6% vir mans) gevolg deur Italië met 9.3% en 11.3%, Bulgarye met 11.3% en 11.6% en Frankryk met 12.7% en 11.7%.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP