Britse parlementslede mag nou tweet
2011-10-13 23:00
Londen – ‘n Voorgestelde maatreël wat parlementslede in
Londen wou verbied om hul slimfone in die parlement te gebruik, is verwerp.
Sekere senior wetmakers van die Konserwatiewe
party glo dat die gebruik van selfone en iPads tydens parlementsittings sleg is vir die parlement se beeld.
Hulle het voorgestel dat die gebruik van
Twitter en ander sosiale webwerwe verban moet word terwyl parlementslede in
sitting is.
Teenstanders van die verbod het gesê dat
webwerwe soos Twitter parlementslede help om in voeling te bly met kiesers.
Twee-honderd-en-ses parlementslede teenoor 63
het teen die voorgestelde verbod gestem.
Die wetmakers het van die geleentheid gebruik
gemaak om elektriese toestelle in die parlement amptelik toe te laat.
In die verlede is die gebruik van iPhones en
BlackBerries bloot verdra.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP