Britse dieet 'kan lewens red'
2011-11-03 14:30
Londen – 'n Dieet soos dié van die Britte kan duisende mense in Skotland, Wallis en Noord-Ierland se lewens red, het navorsers bevind.
Sowat 8 uit elke 10 vermybare sterftes van kanker, hartsiekte en beroertes in Wallis en Noord-Ierland kon vermy word as mense die “gemiddelde” Britse dieet gevolg het, het die navorsers bevind.
Vier uit elke 10 sterftes van dieselfde kwale in Skotlandkon ook só vermy word, lui die navorsing in die British Medical Journal.
Die navorsing bewys mense in Skotland, Wallis en Noord-Ierland eet gemiddeld meer kalorieë, meer vet en meer sout as mense in Brittanje.
Hulle eet ook minder groente en vrugte, het die navorsers gesê.
Die navorsers van die Oxford-universiteit in Brittanje het gesê mense van dié lande is meer geneig om aan hartkwale en kanker te ly en het ook meer beroertes gekry.
Dit is voorheen bewys dat te veel sout in 'n dieet bloeddruk verhoog en moontlik tot hartsiektes en beroertes kan lei.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.