Britney Spears onttroon Google-baas op Google+
2011-11-29 11:01
Kaapstad – Kort voor haar 30ste verjaardag hierdie week het Britney Spears Google se uitvoerende hoof, Larry Page, onttroon om die persoon te word wat die meeste op Google+ gevolg word.
Sowat 775 000 mense volg die popsensasie se Google+-rekening.
Nietemin, in vergelyking hiermee, is daar sowat 15,4 miljoen aanhangers wat haar Facebook-blad “like” en 11,4 miljoen mense wat haar op Twitter volg.
Google+ is aanvanklik deur tegniese mense en die ontwikkelaars van die program gedomineer, maar het onlangs begin om bekendes te lok wat gereeld inskrywings maak en aktief betrokke is.
Volgens Social Statistics is drie van die mees gewilde bekendes op Google+ Britneys Spears, Snoop Dogg en Tyra Banks.
Mark Zuckerberg, die uitvoerende hoof van Facebook, is ook in die topvyf, maar hy het nog geen openbare inskrywings op sy blad gemaak nie.
– Lees meer by Mashable
– Volg Nuus24 op Twitter