Bome waai omdat water se gehalte ly

2010-09-06 06:35
Tweets Share Share line Print

Frankfort. – 70 000 bome, waarvan 99% wilger­bome is, gaan binne die volgende vyf tot sewe jaar langs die Wilgerivier buite Frankfort uitgeroei word omdat dit die gehalte van 57 000 Vrystaters en ongeveer 12 miljoen Gautengers se drinkwater nadelig raak.

Peter Hawley, die man agter die uitroeiprojek van die nie-regeringsorganisasie The River Trust, sê boomstompe beland in die water en veroorsaak verstoppings stroom-af.

“Die stukke boom lê en verrot. Dit pak op die rivierbodem saam en raak vislewe en watergehalte.”

Die water kan weens die versperrings gevolglik nie na die Mafube-munisipaliteit (groter Frankfort-omgewing) se watersuiweringsaanleg vloei nie en stagneer.

Dit veroorsaak dat die water onder die aanvaarbare gesondheidspeil val.

12 miljoen mense in Gauteng is afhanklik van water van die Katsedam in die Lesotho-hooglande.

Dié water beland via die Wilgerivier in die Vaalrivier.

Die Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) werk saam met The River Trust om die Wilgerivier skoon te maak.

Die projek Let The River Flow se mikpunt is om die 315 km lange Wilgerivier skoon te maak.

Hawley, wat dié projek in 2009 gestig het, sê benewens die uitroei van die wilgerbome langs die rivier word die plantasies populierbosse ook uitgehaal.

“Dié bome suig ongelooflike hoeveelheid water. Die populierbos dien geen doel nie.”

Hy sê die oorgrote meerderheid wilgerbome is hol binne en beland daarom maklik in die rivier.

“As die projek eendag klaar is, sal dié probleem op lang termyn opgelos wees.”

Volgens Hawley het die nasionale regering toestemming gegee om dié bome te verwyder.

Hawley sê die departement van landbou, bosbou en visserye het ander bome gegee om langs die rivier te plant.

“Dit is glo wetenskaplik bewys dat dié bome, die vaderlandswilger en kareeboom, die regte boom is om langs die rivier te plant.”

100 bome is Vrydag geplant.

André Fourie, hoof van die SAB se afdeling vir volhoubare ontwikkeling, sê R1 miljoen is vir dié skoonmaakproses bewillig.

Robyn Chalmers, SAB-woordvoerder, het gesê die waterverskaffing uit die Wilgerivier het langtermyngevolge vir die Suid-Afrikaanse ekonomie.

“Die SAB erken die skaarste van water in Suid-Afrika, asook die uitwerking daarvan nie net op die onderneming as brouery nie, maar ook aan die gemeenskappe wat hy bedien.”

Tot op hede is 10 km van die rivier reeds skoongemaak.

Volg Beeld op Twitter

 

- Beeld

Lees meer oor: natuur

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Elsabe sê... Wat vir baie help, is om jou sigarette stelselmatig te verminder. As jy gewoond is twintig per dat te rook, besluit om vir die volgende week net 15 te rook. Volgende week maak jy dit bietjie minder. Die geheim vir sommiges is om die onttrekking stelselmatig aan te pak. Vir sommige werk dit. Vir ander nie. Dit is soos enige ander verslawende middel. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 21-31°C Sunny. Warm. Pta: 17-30°C More sun than clouds. Warm.
Jhb: 15-28°C Afternoon clouds. Mild. Bfn: 18-27°C Scattered showers. More clouds than sun. Pleasantly warm.
Dbn: 20-29°C Tstorms late. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-22°C Scattered showers. Morning clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Jetta 4 2.0 Highline AT
2006
R 139,000.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 D-Cab Dsl PU MY09
2010
R 335,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chill out in Knysna

Spend 2 nights at the Turbine Boutique Hotel & Spa in Knysna's gorgeous Thesen Island for R3058 per person sharing. Includes return flights, taxes, car hire and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Koop Friends with Benefits en wen

Koop die DVD of Blu-ray en staan ’n kans om 1 van 5 "Love You"-blikke met koekies te wen. Die wedstryd sluit 9 Februarie. Koop dit nou.

Koop 4 romans vir R79,96

Koop enige 4 romantiese verhale vir slegs R79,96 terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Geskenke vir hom

Koop ’n klassieke skuimskeerborsel vir R279 vir die man in jou lewe en kry 15% afslag op ’n uitgesoekte reeks naskeermiddels. Koop dit nou.

Dit is al weer ’n fleurige Valentynsdag!

Daar is fleurige spesiale aanbiedinge by kalahari.com met die gobii eReader, Friends with Benefits, parfuums en rose wat nou beskikbaar is. Koop dit nou.

2 DVD's vir slegs R129

Winskopie van die week

Sit snoesig teenaan jou geliefdes hierdie Valentynsdag met ons aanbod van 2 DVD's vir slegs R129. Aanbod geldig solank vooraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.