Bok-haker Facebook-slagoffer

2010-01-15 08:52
Tweets Share Share line Print

Hendrik Cronjé

Die Springbok-haker van die Vrystaat-Cheetahs Adriaan Strauss moes vandeesweek tot sy skok deur ’n vriend ingelig word dat hy reeds die afgelope ongeveer vier maande ’n vals profiel op Facebook het.

Dié profiel het Strauss in ’n yslike verleentheid gedompel en regstappe word nou teen die skuldige oorweeg. Die vals profiel kon onder meer die verkeerde indruk wek dat die Bok-haker “rondfoeter”.

Strauss se regsverteenwoordiger, Stephan Weyers, het bevestig dat die Bok-haker woedend is en dat dit ’n vrou is wat glo die vals profiel geskep het.

“Ons weet wie die skuldige is en is in besit van selfoonnommers,” sê Weyers.

“Regstappe sal nou afhang van die samewerking wat ons kry.”

Weyers sê Strauss het nog nooit sy eie profiel op Facebook geskep nie en stel ook nie werklik daarin belang nie. “Daarom was hy juis so verbaas toe ’n vriend hom oor sy profiel uitgevra het.”

Die presiese skade wat dié rugbyspeler se beeld deur die vals profiel berokken is, moet nog volgens Weyers bepaal word. “Ons wil nou onder meer vasstel watter boodskappe valslik namens Strauss uitgestuur is.”

Weyers sê dit is onseker waarom die skuldige besluit het om so ’n profiel te skep.

Weyers sê Strauss is veral bekommerd oor wat aanhangers dink wat oortuig was dis hy wat hul vriendskap aanvaar en met hulle in die kuberruimte gekommunikeer het.

- Volksblad

 

Lees meer oor: facebook  |  rugby

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Systems Developer- Ruby Rails

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R400000

PA/ Office Co coordinator

Johannesburg, South Africa
Hewitt Colenbrander Recruitment
R12000 - R18000

IT Operational Manager

Johannesburg, South Africa
E-Merge IT Recruitment
R480000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 225,000.00

MAZDA

626 2.0 SL
2005
R 119,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 129,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.