Bobbejane stroop wingerde kaal
2010-03-16 13:50
Kaapstad - Bobbejane met 'n smaak vir Chardonnay-druiwe terroriseer boere in die Wes-Kaap se wynlandstreek en smul aan tonne druiwe wat gereed is om te oes.
Plase in die Franschhoek-vallei is kaal gestroop deur Chachma-bobbejane wat hulself met topgraad-druiwe help.
"Hulle kan maklik sowat twee ton druiwe 'n week eet as jy nie kyk nie, en dit maak sowat 1500 tot 2000 bottels wyn," het Mark Dendy-Young, plaasbestuurder van La Petite Ferme, gesê.
Dendy-Young het gesê hy het tot 40% van sy oes verlede maand as gevolg van die bobbejane verloor.
– Times Live