Bobbejane ontdek nuwe sitrus-kultivar
2011-01-12 14:13
Kaapstad - ‘n Trop bobbejane
met 'n groot soettand het naby Citrusdal, 200km noord van Kaapstad, ‘n nuwe sitrus-kultivar ontdek.
Volgens Alwyn van der Merwe,
produksiedirekteur van ALG Estates, kom die bobbejane al jare lank om aan een
spesifieke boom in die Bo-Olifantsriviervallei te peusel.
“By nadere ondersoek het ons
ontdek dat dié boom se vrugte veel soeter is as die res van die boord s’n en ook
drie weke vroeër as die res begin dra.”
In samewerking met die
Sitruskwekersvereniging in Uitenhage word nageslagte van die spesiale boom nou in
groenhuistonnels versorg.
“Hierdie proses duur sowat
twee jaar, waarna die bome vier jaar lank getoets word in boorde regoor die land voor dit
geregistreer word,” het Van der Merwe gesê.
Hy sê dis blote geluk die
bobbejane se goeie reuk sintuig het hul na die boom, ‘n spontane mutasie, se soet
vrugte gelei.
“Ek is seker hulle sal ‘n
fees hê wanneer ons ‘n hele boord van die soet vrugte produseer,” het Van der
Merwe gesê.
Lees die volledige storie
hier.
Volg Nuus24 op Twitter.