Bobbejaanma probeer vergeefs red

2011-10-18 08:06
Tweets Share Share line Print

Leon Venter van Limpopo het dié foto geneem van ’n bobbejaanwyfie in die Krugerwildtuin wat desperaat probeer om haar dooie kleintjie weer aan die lewe te kry. (Leon Venter)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Nelspruit – In ’n klaarblyklik desperate poging om haar dooie kleintjie aan die lewe te kry het ’n wyfiebobbejaan lug in die kleintjie se bek geblaas.

Leon Venter van Letsitele in Limpopo het dié uitsonderlike gebaar van moederliefde onlangs in die Krugerwildtuin beleef.

“Ek het al gehoor bobbejane dra hul dooie kleintjies saam met hulle, maar kon nie my oë glo nie toe ek dit onlangs self aanskou het.”

Hy kon darem ’n foto daarvan neem voordat die wyfie met haar kleintjie se karkas in die digte bos verdwyn het.

“Die wyfie het by tye die slap kleintjie se bekkie oopgemaak en daarin gekrap.

“Ander kere het sy hom aanhoudend geskud so al asof sy vir hom wil sê: ‘Word wakker!’” het Venter vertel.

Hy en sy gesin was twee weke gelede op pad na Onder-Sabie waar hulle gaan kampeer het.

Hy is vroegoggend by Orpenhek in en het met die H7-pad in die rigting van Satara gery.

Tussen die bekende baken Bobbejaankrans en die Nsemani-dam het hy op ’n trop bobbejane afgekom wat in die pad gesit het.

“Ons het stilgehou om na die spelery van die klomp kleintjies te kyk toe ek uit die hoek van my oog die wyfie in die trop sien. Ek het besef die kleintjie in haar arms is dood.

“Dit was egter hartroerend om te sien hoe sy bly probeer het om die kleintjie aan die lewe te kry.”

Hulle kon net enkele minute lank na die hartseertoneel kyk voordat die trop bobbejane vir ’n aankomende motor geskrik en die veld ingestap het.

“Dit was die laaste sien van die ma en haar kleintjie.” 

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Volksblad

Lees meer oor: bobbejane  |  diere

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Wat sal mens se, hierdie klomp kaders kan mekaar nie eens vertrou nnnnnie nou wil hulle he diewereld moet Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 125kW
2007
R 302,000.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

PEUGEOT

206 Popart 1.4 3-dr
2005
R 79,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.