Blyery met slange kos man dalk toon

2009-09-23 07:08
Tweets Share Share line Print

Virginia Keppler

Johannesburg - Altesame 37 dae in ’n hok met 40 dodelike slange kan ’n man moontlik sy een “wysvingertoon” kos.

Natie Swart, beter bekend as Nutty Natie, het besluit om saam met die giftige slange te bly om geld in te samel vir drie liefdadigheidsorganisasies – Save a Child, House of Horizon en die Unesibindzi Tortoise Sanctuary.

Swart het 37 dae sonder enige voorval met pofadders, swart en groen mambas, boomslange en kobras deurgebring voordat ’n pofadder hom op sy regtervoet se “wysvingertoon” gepik het.

Hy word in die Kalafong-hospitaal wes van Pretoria behandel.

Hennie Jonk, die eienaar van die Chameleon Village-reptielpark by die Hartbeespoortdam, waar Swart saam met die slange gebly het, het gesê Swart wou ’n slang van ’n kas in die hok afhelp toe hy per ongeluk op die pofadder getrap en dié hom gepik het.

Swart se been is tot vier keer groter as die normale geswel. “’n Dokter gaan in die teater kyk of die slang se tand sy toon se been deurboor het. As dit die geval is, moet sy toon moontlik afgesit word omdat dit gangreen kan veroorsaak,” het Jonk gesê.

Volgens hom wou Swart aanvanklik nie die hok verlaat nie.

“Hy wou bitter graag genoeg geld vir die drie liefdadigheidsorganisasies insamel deur Martin Smit, ’n Suid-Afrikaner, se rekord van 113 dae te verbeter. Hy wou 121 dae in die slanghok deurbring.”

Swart het egter by monde van Jonk laat weet dat sodra hy uit die hospitaal ontslaan is, gaan hy terug in die hok klim en van voor af probeer.

“Hy wil nie die organisasies teleurstel nie.”

- Beeld

Lees meer oor: liefdadigheid  |  diere

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Wat sal mens se, hierdie klomp kaders kan mekaar nie eens vertrou nnnnnie nou wil hulle he diewereld moet Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 125kW
2007
R 302,000.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

PEUGEOT

206 Popart 1.4 3-dr
2005
R 79,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.