Bly uit die water, waarsku Sanparke

2011-09-12 07:03
Tweets Share Share line Print

George - Die vlak van skadelike bakterieë in die Knysna-strandmeer is tans so hoog, dat Sanparke mense gewaarsku het om nie in die water te swem of ander watersport daar te beoefen nie.

Eers het rioolslyk onlangs uit een van die houdamme by die Knysna-afvalwateraanleg in die strandmeer beland, het Lauren Waring, waarnemende munisipale bestuurder van die Oesterdorp, gesê.

“Verlede maand het halfbehandelde afvalwater ook deur filters by die aanleg gesypel.

“As gevolg hiervan het die vlakke van die nuttige bakterieë, wat gebruik word om afvalwater by die aanleg af te breek, ook afgeneem.”

Die Burger is onlangs deur talle ontstelde inwoners gebel wat gesien het hoe menslike ontlasting in die water naby die Knysna-koppe dryf.

Volgens die inbellers het ’n “vroteierreuk” in die lug bo die strandmeer gehang.

André Riley van Sanparke, onder wie se beheer die strandmeer val, het bevestig kennisgewingborde is aangebring om die publiek te waarsku dat die vlakke van skadelike bakterieë in sekere dele van die strandmeer die aanvaarbare vlak vir ontspanningsaktiwiteite oorskry.

“Ons is veral bekommerd oor die Ashmead-kanaal.”

Toetse wat reeds gedoen is, het getoon vlakke van bakterieë in die water by die Knysna-seiljagklub is normaal, maar hoog in die Ashmead-kanaal en Theseneiland-ingang.

Inwoners is gewaarsku dat hulle die water op eie risiko binnegaan.

Volgens Waring is die vloei van water van die afvalwateraanleg na die strandmeer reeds Donderdag om 13:30 vir altesaam 36 uur lank gestaak.

“’n Stelsel, wat die vuil houdam uitskakel, is in gebruik geneem om die water 36 uur lank te hersirkuleer.”

Volgens haar is ’n proses, waarin slyk in die bio-reaktor terugvloei om die vlakke van daardie bakterieë wat die afvalwater moet afbreek, te verhoog, intussen ook by die oksidasie-damme begin.

Twee tenkwaens met gespesialiseerde toerusting is gebruik om die besoedelde gebied skoon te suig

“Die houdam waar die probleem ontstaan het, word ook skoongemaak en geen vastestowwe behoort deur te glip nie.”

Volgens die burgemeester, Georlene Wolmarans, word al die moontlike gedoen om die probleem op te los.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: omgewing

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Wat sal mens se, hierdie klomp kaders kan mekaar nie eens vertrou nnnnnie nou wil hulle he diewereld moet Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 125kW
2007
R 302,000.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

PEUGEOT

206 Popart 1.4 3-dr
2005
R 79,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.