Blog net, om hemelsnaam!
2010-01-25 12:02
Kaapstad – Pous Benedictus XVI het aan die priesters van die Katolieke Kerk gesê
hulle moet die evangelie versprei, nie net deur webwerwe nie, maar deur
blogging en die gebruik van nuwe internettegnologie en sosiale media.
Die
265ste pous van die Katolieke Kerk is verbasend vuur en vlam vir
sosiale media. Verlede jaar het hy 'n YouTube kanaal geskep, en ses
maande gelede het hy Facebook- en iPhone-sagteware bekend gestel om die
kerk se boodskap te versprei.
Die pous het gesê dit gaan nie net
oor inligting op die internet beskikbaar stel nie, maar ook oor die
priesters se toetree tot die gesprekke wat op internetforums aan die
gang is.
Lees meer by Mashable