Blackberry-stilte was 'kernleierskapfout'

2011-10-16 07:05
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die afgelope week se drie dag lange probleme met BlackBerry kan daartoe lei dat private gebruikers en sakeondernemings na ’n ander diens oorskakel.

Die tegnologietydskrif Wired berig die onderbreking in BlackBerry se e-pos-, internet- en kitsboodskapdiens het eers Afrika, Europa en die Midde-Ooste getref en toe na die VSA en Kanada uitgekring.

Hoewel die maatskappy beweer het die probleem is teen Donderdagmiddag opgelos, het derduisende BlackBerry-gebruikers sosiale netwerke soos Twitter en Facebook laat gons met hul woedende kommentaar toe hulle steeds geen diens kon kry nie.

Baie het gedreig om BlackBerry vir ’n ander diens te verruil.

Die onderbreking het gekom kort ná die bekendstelling van Apple se nuwe iPhone 4S, waarvan ’n miljoen binne ’n uur verkoop is.

Terselfdertyd het Apple se iCloud-diens en die iOS 5-bedryfstelsel hul buiging gemaak, Moto­rola het sy Atrix 2-slimfoon bekend gestel en Samsung sy Stratosphere – almal op ondernemings gemik.

Mike Lazaridis, mede-uitvoerende hoof van BlackBerry se bedryfsmaatskappy, ­Research in Motion (RIM), het ’n video uitgereik waarin hy sê: “Julle verwag beter van ons.”

Volgens Wired was veiligheid ’n groot verkoopspunt vir BlackBerry, maar maatskappye en instellings wat nie self besonder skerp veiligheidsmaatreëls het nie, sal toenemend wegbeweeg van BlackBerry.

Ander toestelle bied nie noodwendig die oplossing nie. ­

iPhones kan sakeondernemings duur te staan kom en Android-toestelle se data-veiligheid is ook nie altyd na wense nie.

Die Suid-Afrikaanse IT-kenner Arthur Goldstuck sê weens RIM se “gebrek aan deursigtigheid en toeganklikheid” is dit moeilik om te bepaal of BlackBerry se ondersteuningstelsel sulke probleme kan hanteer.

“Maar die mees verbasende aspek van die krisis is hoe RIM dit benader het. Hulle het plaaslike verteenwoordigers verbied om met die media of kliënte te praat en alle kommunikasie word deur die Britse kantoor behartig. Tot dusver het dié kommunikasie egter net uit kort verklarings bestaan.”

Goldstuck sê die drie grondreëls van krisisbestuur is “kommunikeer, kommunikeer, kommunikeer”. Daarmee saam moet die uitvoerende leierskorps deurlopend beskikbaar wees. “Dit is heeltemal afwesig in RIM se geval, wat dui op ’n kernleierskapfout, eerder as ’n ‘kernskakelaarfout’.”

Goldstuck voorspel beleggers gaan uiteindelik hul sin kry en daarin slaag om van Lazaridis en sy mede-uitvoerende hoof, Jim Balsillie, ontslae te raak.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Rapport

Lees meer oor: tegnologie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Wat sal mens se, hierdie klomp kaders kan mekaar nie eens vertrou nnnnnie nou wil hulle he diewereld moet Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Java Developer

Cape Town, South Africa
Hewitt Colenbrander Recruitment
R40000 - R48000

Software Quality Assurance Tester

Cape Town, South Africa
West Coast Personnel
Market Related

InterSystems and Cache Developer

Cape Town, South Africa
West Coast Personnel
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 125kW
2007
R 302,000.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

PEUGEOT

206 Popart 1.4 3-dr
2005
R 79,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.