Blackberry PlayBook mik vir iPad
2010-09-28 11:27
San Francisco – Die vervaardiger van Blackberry, Research in Motion (RIM), het 'n teiken op die iPad se rug geverf met die bekendstelling van die PlayBook.
“Dit is die wêreld se eerste professionele tabletrekenaar,” het Mike Lazaridis, president en mede-uitvoerdende hoof van RIM, gesê terwyl hy met die toestel in San Francisco gespog het.
Die PlayBook is een van ‘n hele aantal tabletrekenaars wat bekendgestel gaan word en kompetisie vir Apple se bekende iPad gaan bied.
Die PlayBook het ‘n sewe duim raakskerm, kleiner as die 9.7 duim raakskerm van Apple se iPad, en kan ook Adobe Flash-videosagteware speel, wat van Apple se iPad verbied is.
- Vir die volledige storie besoek iol.
- Volg Nuus24 op Twitter.