BlackBerry se diens ‘verbeter’
2011-10-13 14:51
Londen – Die vervaardigers van BlackBerry, Research in Motion, het gesê sy diens het “merkbaar verbeter” na ‘n drie dae lange stilte.
RIM het Donderdag in ‘n verklaring gesê die diens het merkbaar in Europa, die Midde-Ooste, Afrika en Indië verbeter.
“Ons monitor die situasie 24 uur per dag om seker te maak die diens verbeter,” het die firma op sy webtuiste geskryf.
Die maatskappy is gretig om die probleem vinnig uit die weg te ruim na hy vroeër vandeesweek reeds gesê het die diens is terug op die been terwyl gefrustreerde gebruikers hom weerspreek het.
Robin Bienfait, die inligtingshoof van RIM, het in ‘n verklaring vir die diens om verskoning gevra.
“Julle het op ons gesteun vir betroubare kommunikasie en ons laat julle in die steek,” het hy gesê.
“Ons neem dit ernstig op en mense oor die wêreld heen werk daaraan om die situasie te verbeter.”
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.