BlackBerry-probleme versprei na Amerika
2011-10-12 21:10
San Fransisco – Die diensprobleem wat Blackberry-verbruikers die
afgelope twee dae ervaar, het na Noord- en Suid-Amerika versprei.
Duisende verbruikers in Europa, Afrika, die
Midde-Ooste en nou ook Noord- en Suid-Amerika, kan nie toegang tot hul e-pos,
internet of BlackBerry Messanger (BBM) kry nie.
BBM is een van Blackberry se grootste
verkoopspunte omdat dit, anders as gewone SMS-boodskappe, ’n gratis diens is.
Research in Motion, die vervaardigers van
BlackBerry, se aandele het vanjaar met 60 persent gedaal en dié onderbrekings
sal kliënte en beleggers nog meer vervreem.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA