BlackBerry-ooreenkoms in Saoedi bereik
2010-08-08 02:19
Riaad - 'n Tussentydse ooreenkoms tussen die vervaardiger van die gewilde BlackBerry-slimfoon en die koninkryk van Saoedi-Arabië, sal 'n voorgestelde verbod op dié foon aflas, het beamptes gesê.
Die ooreenkoms sluit in dat 'n BlackBerry-rekenaarbediener (server) in Saoed-Arabië geplaas word.
Die land het sowat 750 000 BlackBerry-gebruikers.
Dít sal die regering in staat stel om boodskappe en amptelike vrese dat die diens vir kriminele misdrywe gebruik kan word, te monitor.
Beamptes sê die regering sal ook toegang hê tot gebruikers se inligting.
Die land se telekommunikasiereguleerder het Dinsdag planne aangekondig om die slimfoon te verbied en sou dit Vrydag afskakel.
"Die huidige stand van die boodskapdiens, voldoen nie aan die vereistes van die reguleerder nie," het die kommissie vir kommunikasie en inligtingstegnologie vroeër vandeesweek in 'n verklaring gesê.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP