BlackBerry 'nog ’n wyle onstabiel'

2011-10-14 07:01
Tweets Share Share line Print

Fanie van Rooyen, Sapa en Reuters

Johannesburg – Nagenoeg twee miljoen BlackBerry-gebruikers in Suid-Afrika het Donderdag, ná drie dae se digitale chaos, weer toegang tot van hul internetdienste gekry.

E-posse en BlackBerry Messenger (BBM)-boodskappe het Donderdag, al was dit soms nog uiters stadig, uiteindelik weer deurgekom.

Webblaaiery was egter vir groot gedeeltes van die dag steeds onmoontlik. Dít was nadat ’n probleem met ’n webbediener in Brittanje en ’n fout met ’n rugsteunstelsel ’n reuse-agterstand in boodskappe veroorsaak het wat nog nie uitgewis kon word nie.

Mike Lazaridis, stigter van Research in Motion (RIM), die vervaardigers van BlackBerry, het Donderdag in ’n videoboodskap op RIM se webtuiste, RIM.com, amptelik namens sy maatskappy om verskoning gevra.

Lazaridis kom terneergedruk en verleë in die video voor, en het gesê sy maatskappy het miljoene BlackBerry-gebruikers teleurgestel.

“Sedert die bekendstelling van BlackBerry in 1999 is dit my doelwit om aan die wêreld onmiddellike, betroubare kommunikasie te bied. Ons het dié week nie in ons doelwit geslaag nie. Nie eens naastenby nie,” het Lazaridis gesê.

“Ek vra om verskoning vir die diensonderbrekings van die afgelope week. Ons het baie van julle teleurgestel.

“Wees verseker ons werk dag en nag om dinge reg te maak. Julle verwag beter van ons en ek ook.

“Dit is nog te vroeg om te sê die probleem is volledig opgelos, maar ons ervaar byna normale dienste in Europa, die Midde-Ooste, Afrika en Indië.”

Lazaridis het gesê dienste kan vir ’n rukkie nog onstabiel bly soos wat die stelsel herstel.

Hoewel BlackBerry-dienste byna herstel is, is RIM se kopseer skynbaar nog lank nie verby nie.

Verskeie gebruikers en selfoondiensverskaffers het Donderdag begin wonder oor hoe geaffekteerde gebruikers vir die verlies aan dienste vergoed sal word.

Business Day
het Donderdag berig BlackBerry-gebruikers moet die nasionale verbruikerskommissie nader omdat hulle volgens die Wet op die Beskerming van Verbruikers vir skadevergoeding kwalifiseer.

Al die partye wat in die waarde-toevoegingsketting betrokke was, kan volgens Mamodupi Mohlala, nasionale verbruikerskommissaris, aanspreeklik gehou word.

Mohlala het gesê gebruikers wat hul BlackBerrys ná April gekoop het, is daarop geregtig om hul fone in te ruil vir ’n ander slimfoon van dieselfde waarde omdat die dienste wat aan hulle belowe is nie gelewer is nie.

Virgin Mobile SA het Donderdag in ’n verklaring aangekondig dat sy lede volledig vergoed sal word vir die dae wat hulle geen toegang tot die BlackBerry-internetdiens (BIS) gehad het nie.

In Brittanje het Vodafone gesê daar is nog nie besluit hoe vergoeding gehanteer sal word nie, terwyl Spanje se Telefonica-diensverskaffer gesê het hy sal kliënte wél vergoed.
 
– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: tegnologie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Wat sal mens se, hierdie klomp kaders kan mekaar nie eens vertrou nnnnnie nou wil hulle he diewereld moet Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 125kW
2007
R 302,000.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

PEUGEOT

206 Popart 1.4 3-dr
2005
R 79,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.