BlackBerry lei weer tot frustrasie

2011-10-27 07:01
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Talle Vodacom-gebruikers wat BlackBerrys het, het waarskynlik Woensdagoggend onaangename terugflitse ervaar nadat hulle weer tydelik sonder BlackBerry-internetdienste (BIS) gelaat is.

Dit volg nadat BlackBerry-gebruikers sowat twee weke gelede weens ’n bedienerfout by Research in Motion (RIM), ­vervaardigers van BlackBerry, se datasentrum in Slough, Engeland, drie dae lank sonder internetdienste moes klaarkom.

Woensdag se BIS-onderbreking, wat skynbaar slegs deur sekere Vodacom-gebruikers in Gauteng ervaar is, was gelukkig van korte duur.

Richard Boorman, woordvoerder van Vodacom, het gesê die onderbreking het Woensdagoggend vroeg begin en is net ná 08:00 opgelos.

“Die oorsaak van die probleem was ’n bediener in Duitsland. Slegs sekere BlackBerry-gebruikers is egter daardeur geraak,” het Boorman gesê.

Hy het gesê dit is nog nie bekend of die bedienerprobleem aan Vodacom/Vodafone of RIM toegeskryf kan word nie.

“Ons is nog besig om die presiese oorsaak te ondersoek,” het hy gesê.

Jacqueline Boulos, ’n woordvoerder van RIM in Suid-Afrika, het Woensdag gesê sy is nie bewus van enige probleme aan die kant van RIM nie, maar dat sy wel bewus is dat sommige Vodacom-gebruikers probleme met hul BlackBerrys ervaar het.

Vodacom het Woensdag ongeveer 09:00 op sy Twitter-blad, @Vodacom, gesê die BB-kwessie is opgelos. “Ons vra om verskoning vir dié wat daardeur geraak is.”

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: blackberry  |  tegnologie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Wat sal mens se, hierdie klomp kaders kan mekaar nie eens vertrou nnnnnie nou wil hulle he diewereld moet Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 125kW
2007
R 302,000.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

PEUGEOT

206 Popart 1.4 3-dr
2005
R 79,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.