BlackBerry het groot probleme
2011-10-12 13:19
Johannesburg – Gebruikers wat oor BlackBerry se swak diens mor, begin aandring die vervaardiger Research in Motion (RIM) moet ontbind of verkoop word.
Sommige ontleders het selfs voorgestel dit kan die einde van BlackBerry beteken, berig Eyewitness News.
Miljoene gebruikers in Afrika, Europa, en die Midde-Ooste sukkel steeds om boodskappe te stuur of te ontvang.
RIM het gesê hulle werk aan die agterstand wat, as gevolg van ‘n probleem met hardeware, boodskappe in vier kontinente laat ophoop.
Die hoof van die Suid-Afrikaanse internetmaatskappy World Wide Worx, Arthur Goldstuck, het gesê die probleem word in verskeie lande gevoel.
“RIM het erken die probleem strek so ver as Suid-Amerika en Indië. Slegs Noord-Amerika en die lande van die Stille Oseaan word gespaar,” het hy gesê.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.