Bielie van 'n luislang gevang

2011-04-13 09:07
Tweets Share Share line Print

Pretoria - ’n Bielie van ’n luislang wat vermoedelik ’n swart rooibok ingesluk het, is Dinsdag deur natuurbewaarders op ’n plaas naby Pienaarsrivier, noord van Pretoria, gevang.

Gerhard Horn en Hencke Marais, natuurbewaarders van Tshwane-natuurbewaring, het dié luislang van meer as 4 m lank na die Kwalata-wildreservaat, naby Hammanskraal in die Dinokeng-Groot-Vyf-natuurreservaat verskuif.

Horn het gesê hulle is Dinsdagoggend genader deur die boere op dié plaas wat met verskillende soorte duur bokke, waaronder die seldsame swart rooibokke, teel.

“Hulle ly dus skade weens dié luislang wat dié bokke vang,” het Horn gesê.

Hy het gesê só ’n bok kos tussen R150 000 en R200 000.

Daar kan egter nie met sekerheid gesê word of dit wel ’n rooibok in die luislang se pens is nie.

Daar is besluit om die luislang by dié wildreservaat vry te laat omdat daar al die afgelope twee jaar navorsing oor luislange en pofadders gedoen word.

’n Slangkenner, prof. Graham Alexander van die Universiteit van die Witswatersrand, het dié klein navorsingsentrum daar begin vir sy navorsing wat in Junie afgehandel sal wees. 

- Volksblad

Lees meer oor: slange

Lewer kommentaar op hierdie artikel
16 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Wat sal mens se, hierdie klomp kaders kan mekaar nie eens vertrou nnnnnie nou wil hulle he diewereld moet Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 125kW
2007
R 302,000.00

TOYOTA

Corolla 140i MY05
2007
R 112,995.00

PEUGEOT

206 Popart 1.4 3-dr
2005
R 79,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.