Bid is balsem vir kwade gevoelens
2011-03-24 20:06
Washington – Het iemand jou kwaad gemaak? Stuur ‘n
skietgebedjie op, al is jy nou nie juis gelowig nie.
Navorsing deur Amerikaanse en Nederlandse
wetenskaplikes wys dat dit help om te bid as jy kwaad word of aggressief begin
voel.
“Die algemeen vir mense om te bid baie as
hulle negatiewe emosies ervaar,” het Brad Bushman, ‘n professor van
kommunikasie en sielkunde by die Ohio Staats-universiteit, gesê.
“Ons het gevind dat gebed mense help om kwade
gevoelens te hanteer.
“Gebed verander skynbaar hoe hulle die voorval
wat hulle kwaad gemaak het sien en ook om dit minder persoonlik op te neem,”
het Bushman gesê.
Dit maak skynbaar ook nie rêrig saak vir wie
jy bid en of jy gereeld kerk toe gaan of nie, het die studie, wat in die
Personality and Social Psychology Bulletin gepubliseer is, gevind.
Volg Nuus24 op Twitter.