Besoedeling by die werk gee baba asma
2011-10-07 13:24
New York – Kinders wie se ma's tydens swangerskap aan lugbesoedeling by die werk blootgestel is, is meer geneig om asma te ontwikkel, het navorsers bevind.
Die Deense navorsers van die School of Public Health het data van meer as 45 000 sewejarige kinders en hul ma’s bestudeer.
Hulle het die ma’s se titel in die werkplek gebruik om hul blootstelling aan besoedeling te skat.
Hulle het bevind 18.6% van kinders wie se ma’s aan lugbesoedeling blootgestel was, het asma ontwikkel, teenoor 16.1% van die algemene bevolking.
“Dit is die eerste studie wat ‘n verband tussen die ma se blootstelling aan besoedeling en die kind se asma bewys,” het Berit Christenson, een van die navorsers, gesê.
Die navorsing is voor 'n vergadering van die Europese Respiratoriese Vereniging voorgelê.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters