'Besluite oor biobrandstof hoort nie by regerings'
2011-06-21 18:47
Kaapstad – Besluite rondom biobrandstof, of dit geproduseer moet word en of die produksie daarvan tot voordeel van die wêreld sal wees, hoort nie meer in die hande van regerings nie, reken ’n wetenskaplike van Duitsland.
“Hierdie wêreld (van biobrandstof) is nie meer ’n kindertuinding nie, dit is kompleks,” het het Uwe Fritsche, wetenskaplike by die Oeko-instituut in Darmstadt, gesê.
“Dit is tyd dat dit nie meer net in die hande van regerings is om besluite te maak nie,” het hy tydens ’n debat oor voedselsekerheid en biobrandstof by vanjaar se Global Media Forum in Bonn, Duitsland gesê.
Fristche was een van vyf kenners wat aan ’n paneelbespreking oor die stryd tussen biobrandstof en voedselsekerheid deelgeneem het.
Volgens Fritsche gaan die wêreld se kragverbruik oor die volgende tien jaar verdriedubbel, en hy voorsien dat die gebruik van biobrandstof derhalwe teen 2050 tien maal meer gaan wees as tans.
Lees die volledige storie hier.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Landbouweekblad