Beseerde spermwalvis spoel op Belgiese strand uit
2012-02-09 10:02
Brussel – ‘n Spermwalvis van 13 meter is besig om te vrek nadat dit Woensdag op ‘n Belgiese strand uitgespoel het, het die land se Royal Institute of Natural Science gesê.
Die Wilvis, wat naby Zeebrugge by die Knokke-Heist-oord uitgespeol het, het verskeie wonde aan sy lyf, het Jan Haelters van die instituut aan die nasionale nuusagentskap Belga gesê.
‘n Volgroeide manlike spermwalvis kan tot 22 meter lank word.
– Volg Nuus24 op Twitter
- AFP