Beroerte-risiko hoër ná longkanker-diagnose
2011-09-22 12:48
Mense wat onlangs met longkanker gediagnoseer is het ‘n groter kans om ‘n beroerte te kry as mense sonder longgewasse, het navorsers bevind.
“Dit is een van die mees beduidende tekens van die risiko van rook,” het Andrew Russman, ‘n beroertespesialis van die Henry Ford-hospitaal in Detroit, gesê.
Taiwanse navorsers het bevind mans se kanse op ‘n beroerte is die grootste in die drie maande na ‘n diagnose van kanker en ses maande na die diagnose vir vroue.
Bloeding en bloedklonte, beide as gevolg van gewasse en chemoterapie, verduidelik deels die verband tussen longkanker en beroertes, het die navorsers in die joernaal Stroke geskryf.
– Volg Nuus24 op Twitter.