Bekendes verklap stem-geheime op Twitter
2011-05-18 14:26
Johannesburg - 'n Stem in die plaaslike verkiesings van 2011 het pres. Jacob Zuma vry laat voel, terwyl dit die DA-leier Helen Zille meer optimisties gelaat het.
Dis gevoelens soos dié wat politici en ander bekendes op Twitter gedeel het ná hulle deelname in die plaaslike verkiesings.
"Ek sal om 11uur in Nkandla stem. Altyd 'n bevrydende ondervinding," het pres. Zuma getweet kort voor hy in KwaZulu-Natal gestem het.
Die DA-leier Helen Zille het gesê: "Ek het pas gestem. Amper op pad na PE. Ons kan dit doen as almal uitkom en stem."
Die sanger Steve Hofmeyr, bekend vir sy omstrede tweets, het bloot gesê: "Ek stem 13h00".
Die voormalige Idols-aanbieder Colin Moss het onthul dat hy vandag vir 'n ander party sal stem.
"Toe ek 18 was het ek vir die ANC gestem in Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing. Nou sal ek my demokratiese reg uitoefen om nie vir hulle te stem nie. Tyd vir verandering," het hy gesê.
- SAPA