Bekende kameelperd dood

2010-11-11 11:00
Tweets Share Share line Print

Volksblad

Johannesburg - ’n Suid-Afrikaanse kameelperd wat bekendheid op Britse televisie verwerf het, is die afgelope week begrawe op die plek waar ’n weerligstraal hom doodgeslaan het.

Hamley was gereeld te sien in die ITV-dramareeks Wild at Heart wat op die Glen Afric-wildreservaat naby Hartbeespoort verfilm word.

Volgens Vicky Brooker, dierebestuurder by die reservaat, was daar verlede Vrydag ’n storm op die reservaat.

Die sesjarige Hamley het naby die ingangshek gestaan toe ’n weerligstraal hom tref.

“Veiligheidswagte het gesien hoe Hamley op die plek dood neerslaan.”

Hy is Sondag begrawe waar hy geval het.

“Ons het aanvanklik daaraan gedink om sy vel te bêre, maar eindelik besluit om hom volledig te begrawe,” het Brooker vertel.

“Ons wil ’n seremonie vir hom hou wanneer ons ’n gedenksteen oprig.”

Volgens Brooker het die Britse rolprentspan wat juis nou weer vir die verfilming van die reeks in Suid-Afrika is, ook ’n nagwaak vir Hamley gehou.

“Een van die hoofrolspelers, Stephen Tompkinson, het minute voordat Hamley doodgeslaan is nog oudergewoonte aan hom gevryf voordat hy by die hek uit is.”

Volgens Brooker was Hamley ’n besonderse dier. “Toe hy gebore is, het ons ’n droogte gehad. Ons het hom en sy ma nader aan die mense toegelaat ter wille van beter weiding. Hamley het baie mak geword. Hy het soveel karakter gehad. Almal was net lief vir hom. ”

Brooker het gesê wilde diere wat soos Hamley mak word, kan soms baie gevaarlik wees, maar hulle het niks daarvan in Hamley gesien nie.

“Hy was ongelooflik saggeaard, lieftallig en so- siaal. Hamley was mal oor die kamera – dit was altyd meer van ’n gesukkel om hom van die stel af te kry as om hom op te kry!

“Hy het daarvan gehou om te pronk en was in sy element voor die kameras.”

Brooker se selfoon het sedert Hamley se tragiese dood nie ophou lui nie.

“Ons is so dankbaar vir al die boodskappe van Suid-Afrika en oorsee.”

Hamley se Facebook-profiel wemel ook van boodskappe van medelye.

Volgens Brooker kan die teenwoordigheid van baie dolomietsteen in hul reservaat moontlik die voorkoms van weerlig verhoog, maar is kameelperde besonder kwesbaar omdat hulle so lank is. “Ons het ook al ’n baba-olifantjie hier weens weerlig verloor.”

Die Wild at Heart-reeks het in Januarie 2006 begin. Dit handel oor ’n Britse veearts wat saam met sy gesin na Suid-Afrika kom om ’n natuurreservaat te begin. Die sesde seisoen van die reeks word tans verfilm. “Die span kom so een keer per jaar vir ’n paar maande na Suid-Afrika om te verfilm,” het Brooker gesê.

- Volksblad

Lees meer oor: diere

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Wat sal mens se, hierdie klomp kaders kan mekaar nie eens vertrou nnnnnie nou wil hulle he diewereld moet Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

KA 1.3
2006
R 59,500.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 116,995.00

MINI

COOPER CVT AT
2008
R 235,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.