Behandelingsyfers vir vigs onbekend

2010-03-18 06:31
Tweets Share Share line Print

Alicestine October, Die Burger

Kaapstad-Die provinsiale departement van gesondheid weet nie hoeveel gevalle van MIV-positiewe mense wie se CD4-telling getoets word opgevolg word met vigsbehandeling nie, “maar sal dit ondersoek”.

Theuns Botha, provinsiale minister van gesondheid, het vandeesweek op die provinsiale parlementsitting gesê sy departement beskik nie oor die administratiewe en mensekapitaal om elke CD4-telling-toets op te volg nie.

Volgens me. Joselene Witbooi, ANC-LPP, keer byna die helfte van pasiënte wie se CD4-telling getoets word nie terug vir die uitslae nie en word talle dus nie deel van ’n behandelingprogram nie.

Dié toets is belangrik om vas te stel wanneer die pasiënt met vigsbehandeling moet begin. Die departement van gesondheid het met R38,3 miljard oor die volgende drie jaar die grootste hap uit die provinsiale begroting ontvang.

Die departement het ’n mikpunt gestel om die aantal mense wat vigsbehandeling ontvang van 68 000 tot meer as 90 000 in die huidige boekjaar op te stoot.

Die departement begin volgende maand met die implementering van sy nuwe beleid om behandeling te bied aan mense met ’n CD4-telling van 350 of minder.

Helen Zille, die premier, het vroeër in haar openingsrede gesê die provinsie wil ook die vigsvoorkomssyfer in die provinsie van 16% tot 8% verlaag.

Maar vir eers weet die departement nie hoeveel pasiënte wat getoets word keer terug vir die toetsuitslae nie.

Botha het gesê tussen 6 000 en 7 000 uit elke 100 000 mense wat hier vir MIV/vigs getoets word, sal waarskynlik volgens huidige riglyne vir vigsbehandeling kwalifiseer. Volgens hom is 385 389 mense die afgelope nege maande in die provinsie vir MIV/vigs getoets.

“Dit is provinsiale beleid om aan te bied om ’n CD4-toets te doen sou die pa­siënt positief vir MIV/vigs toets. Die MIV/vigstoets kan onmiddellik met ’n vingerprik gedoen word, maar met die CD4-toets word bloed getrek en na ’n laboratorium gestuur. Uitslae is gewoonlik eers binne vier tot tien dae bekend.”

Hy het gesê een van die groot probleme is dat mense nie die omvang van die siekte verstaan nie.

- Die Burger

 

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Wat sal mens se, hierdie klomp kaders kan mekaar nie eens vertrou nnnnnie nou wil hulle he diewereld moet Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

KA 1.3
2006
R 59,500.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 116,995.00

MINI

COOPER CVT AT
2008
R 235,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.