Beer los vrou toe sy maak of sy dood is
2010-07-30 09:56
Cooke City (Montana). – ’n Vrou wat op ’n kampterrein hier deur ’n beer aangeval is, sê sy is aan haar arm en been gebyt voordat sy gemaak het asof sy dood is, waarna die dier haar uitgelos het.
Minstens een beer het Woensdagnag deur ’n stampvol kampeerterrein naby die Yellowstone- Nasionale Park beweeg en ’n man doodgebyt.
Nóg ’n man en die Kanadees Deb Freele is deur die beer beseer.
Freele het die mense in die naburige kampterrein gister op ’n kletsprogram bedank vir hul hulp nadat die beer die gebied verlaat het.
Sy is ’n gereelde kampeerder en sê sy sal weer gaan kampeer ondanks die trauma.
Parkbeamptes het Woensdag laat nog probeer om die beer aan te keer.
- Sapa - AP