Beckham in Yahoo! se span
2010-06-09 12:25
Washington – Engeland se David Beckham, wat weens 'n geskeurde hakspier nie aan die Wêreldbeker-sokkertoernooi in Suid-Afrika sal deelneem nie, het by Yahoo! aangesluit om nuus oor die toernooi te dek.
Die internetmaatskappy het Dinsdag aangekondig dat die 35-jarige sokkerspeler sy gedagtes oor die toernooi op ‘n David Beckham-kanaal op Yahoo! Sports sal deel.
Beckham sal ook in ‘n bemarkingsveldtog vir Yahoo! verskyn.
“Yahoo! sal my toelaat om interaksie met talle sokkeraanhangers te hê en oor die sport te gesels waarvoor ek so lief is,” het Beckham in ‘n persverklaring gesê.
- AFP