Base en honde skenk bloed

2011-11-24 09:19
Tweets Share Share line Print

Joe nadat sowat 450 ml van sy bloed getrek is. (Brendan Croft)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg – Mens en dier het gister vir die eerste keer in Suid-Afrika terselfdertyd bloed geskenk.

Die Super Hero-bloedbank by die Atterbury-voël-en-dierehospitaal in Menlopark, Pretoria, het die honde se bloed getrek, terwyl ’n mobiele eenheid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens die honde-eienaars se bloed getrek het.

“Met die feestyd om die draai is die nood vir bloed vir mense en diere baie groot,” het Louise Peck, organiseerder van die bloedskenkdag, gesê.

Joe, ’n sesjarige Amerikaanse veghond, het nie ’n bang haar op sy kop gehad toe ’n naald in sy nek gedruk is om bloed te kry nie. Hy skenk gereeld bloed.

Sunette van Aardt, diereverpleegster in die hospitaal, het gesê dis glad nie vir honde seer om bloed te skenk nie.

“Sowat 450 ml bloed word getrek uit hoofaar in die hond se nek. Geen verdowing is nodig vir die sken- king wat sowat tien minute duur nie.”

Volgens Van Aardt is dit net so goed vir honde soos vir mense om bloed te skenk.

“Net soos in mense word nuwe rooi- en witbloedselle en bloedplaatjies in honde gemaak nadat hulle bloed geskenk het.”

Van Aardt het die bloedbank twee jaar gelede saam met Malcolm Peck, veearts van die hospitaal, tot stand gebring.

Van Aardt het gesê die hondebloed word in die Onderstepoort- akademiese dierehospitaal in rooibloedselle en bloedplasma geskei.

“Die rooibloedselle word gebruik vir honde met bosluiskoors. Drie uit vier gevalle waar honde bosluiskoors kry, is ’n bloedoortapping nodig.”

Die plasma word gebruik vir honde wat katgriep het. “Die plasma gee dié honde nuwe krag.”

Honde kan elke ses tot agt weke bloed skenk. Een hond se bloed kan drie honde se lewe red.

Enigiemand wat belangstel om hul hond as bloedskenker te registreer kan 012 348 5712 bel.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Beeld

Lees meer oor: diere  |  bloedskenk

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Wat sal mens se, hierdie klomp kaders kan mekaar nie eens vertrou nnnnnie nou wil hulle he diewereld moet Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

KA 1.3
2006
R 59,500.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 116,995.00

MINI

COOPER CVT AT
2008
R 235,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.