Banke in SA is eerder bruin as groen – verslag

2011-12-01 09:02
Tweets Share Share line Print

Durban – Nedbank, Suid-Afrika se sogenaamde “groen bank”, het gister by COP17 onder skoot gekom oor sy aggressiewe reklameveldtog waarmee hy “voorgee hy is koolstofneutraal”.

Nedbank en die Wêreldnatuurfonds (WWF) het in 2009 ’n gesamentlike projek begin om dié bank se koolstofvoetspoor uit te wis.

Dit het egter misluk omdat Nedbank steeds een van Eskom en verskeie mynhuise se grootste finansiers is, het Bobby Peek, uitvoerende hoof van groundWork, ’n Suid-Afrikaanse nieregeringsorganisasie (NRO), gister by die bekendstelling van die verslag “Bankrolling Climate Change” gesê.

“Nedbank is besig om sy kliënte om die bos te lei met sy groen reklameveldtogte,” het Peek gesê.

Navorsing deur ’n netwerk NRO’s – waaronder Banktrack, Earthlife Africa, groundWork en ungewald – het aangetoon Nedbank het die laaste paar jaar €86 miljoen (sowat R946 miljoen) in koolstof-intensiewe nywerhede belê.

Standard Bank is dié bank in Suid-Afrika wat die meeste geld – €99 miljoen (meer as R1 miljard) – in koolstof-intensiewe nywerhede belê het. Standard Bank is Eskom se grootste finansiële ondersteuner, het Peek gesê.

Heffa Schücking van ungewald het gesê die NRO’s het ’n onafhanklike maatskappy aangestel om die banke se sake te ondersoek. Die maatskappy het onder meer banke en steenkool- en oliemaatskappye se jaarverslae bestudeer. In die jaarverslae moet maatskappye aantoon van wie hulle finansiering ontvang.

“Die meeste van die banke wat steenkool- en oliemaatskappye finansier, neem buitengewone sterk standpunte oor klimaatsverandering in,” het sy gesê.

Peek het gesê die koalisie van NRO’s gaan dié studie nou gebruik om die burgerlike gemeenskap te beïnvloed om óf hul geld na ander, etiese banke te skuif óf om banke te dwing om geld aan die koolstof-intensiewe nywerhede te onttrek en dit in hernubare bronne te belê.

Schücking het gesê banke is kwesbaar en besef dat die openbare mening van onskatbare belang vir hul voortbestaan is.

Die grootste ondersteuners van steenkoolmyne en olieraffinaderye is onder meer JP Morgan Chase, Citi, Deutsche Bank, Bank of America, Royal Bank of Scotland, HSBC en Barclays. In Suid-Afrika is dit Standard Bank en Nedbank. 

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: klimaatsverandering  |  nedbank  |  cop17

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

wynakruger sê... Wat sal mens se, hierdie klomp kaders kan mekaar nie eens vertrou nnnnnie nou wil hulle he diewereld moet Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-17°C A few showers. More sun than clouds. Cool. Pta: 9-23°C Sunny. Mild.
Jhb: 7-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 8-23°C Sunny. Mild.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

KA 1.3
2006
R 59,500.00

TOYOTA

Avanza 1.5 SX MPV
2007
R 116,995.00

MINI

COOPER CVT AT
2008
R 235,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.