Baie sit maak boude vet
2011-12-06 08:29
Londen – Navorsers het bevind die druk wat sit en lê op sekere liggaamsdele plaas, veroorsaak ‘n groot toename in vet in daardie dele.
Dit kan verduidelik hoekom stilsit en min oefening tot vetsug lei, het die navorsers gesê.
Hulle het MRI-beelde van die spierweefsel van pasiënte wie verlam is as gevolg van rugmurgbeserings ondersoek en bevind vetselle het die groot spiere in die liggaam oorval.
“Vetsug is meer as net ‘n wanbalans van kalorieë,” het die navorser Amit Gefen van die Tal Aviv-universiteit gesê. “Die selle self reageer op hul meganiese omgewing.”
“Dit kom voor of lang periodes van sit, as gevolg van die druk op sekere liggaamsdele, die vervaardiging van vet vermeerder.”
Die navorsing is in die American Journal of Physiology - Cell Physiology gepubliseer.
– Lees meer hier.
– Volg Nuus24 op Twitter.